- 079 529 6071
- admin@laerskoolmariepskop.co.za
- Mare Straat, Kampersrus Hoedspruit
By Laerskool Mariepskop, of soos ons dit noem, ons #LEKKERPLEK, glo ons dat leer nie net in die kop gebeur nie – maar ook in die leerders se harte en met hulle hande. Hier is ons heeldag op ‘n ontdekkingsreis. Dit gebeur in die modder, onder bome, in geselsies en in drome.
In ons Grondslagfase fokus ons op heelkind-ontwikkeling deur leer wat konkreet, kreatief en vol pret is. Ons kinders leer deur te DOEN – met speletjies, egte leerervarings, stories, stasie-rotasie aktiwiteite en breinpret.
Elke kind is uniek, en daarom pas ons ons benadering aan om hulle op hul vlak te bereik.