Kleuterskool Klasgroepe

krimpvarkies

Babahuis - Krimpvarkies
(0–1 jaar)

Die wêreld se nuutste avonturiers word in sagte hande en liefdevolle arms groot. Hier gee ons roetine, ritme en rustigheid.

Leeutjies
(1-2 jaar)

Met die eerste tree en die eerste woorde begin ons speelse ontdekkingstog. Alles word verken, geproe, gevoel en bewonder.

Kameelperde
(2-3 jaar)

Lang nekke en slim kykers! Hier begin ons met eenvoudige roetines, selfhelp-vaardighede en sosiale speletjies – dis groot groei in klein jassies.

Meerkatte & Uiltjies
(3-4 jaar)

Nuuskierig, fluks en altyd reg vir pret! Ons ontwikkel taal, konsepte en beweging deur stories, liedjies en kreatiewe aktiwiteite.

Olifante & Apies
(4-5 jaar)

Sterk breintjies en springlewendige lyfies! Dis ’n tyd vir groter uitdagings, kreatiewe bouwerk, en voorbereiding vir die groot Graad R-reis.

Renosters & Ratels
Graad R'e (5-6 jaar)

Hier word kinders selfversekerd en skoolgereed. Ons bied ’n stewige fondament in ’n speelgebaseerde, ryk leeromgewing waar elke kind se uniekheid erken word.