- 079 529 6071
- admin@laerskoolmariepskop.co.za
- Mare Straat, Kampersrus Hoedspruit
By ons #LEKKERPLEK is daar plek vir elke leerpad – of dit nou vinnig, stadig, krom of reguit is. Ons Leerder-ondersteuningspan staan paraat met oop ore, sagte harte en kundige hande om elke kind se unieke leerreis te ondersteun.
Ons verstaan dat kinders verskillend leer, dink en groei. Daarom gee ons doelgerigte, praktiese ondersteuning met liefde.
Ons span is daar om saam te stap, struikelblokke aan te spreek en om jou kind se volle potensiaal te bereik.
Ons hou van klein groepies, een-tot-een aandag, spesiale programme (tuis en by die skool) en baie aanmoediging.
Want leer is nie ‘n wedloop nie – dis ‘n reis.
Leerderondersteuning speel ’n sentrale rol in ons klein skooltjie, want ons weet elke kind se behoeftes verskil.
Mariepskop pas aan by leerders met verskillende uitdagings, insluitend disleksie, aandagafleibaarheid en ander leersteurnisse.
Onderwysers werk nou saam met ouers en die bestuur om die regte kanale te volg en akkommodasies te bied vir formele assesserings, soos aanbeveel deur ‘n Opvoedkundige Sielkundige of Arbeidsterapeut, sodat elke kind sy of haar volle potensiaal kan bereik.
Daar word ook seker gemaak dat individuele aandag gekry word vir die leerders in klasverband en tydens klas- of deurlopende assesserings.
Die empatiese benadering en ondersteunende omgewing maak dit moontlik vir alle leerders om met selfvertroue en sukses te leer.