Naskool

Naskool

By die Riepies Nasorgsentrum verstaan ons dat die skooldag nie vir elke gesin eindig wanneer die skoolklok lui nie. Daarom bied ons ’n goed gestruktureerde en veilige nasorgprogram aan – ’n plek waar kinders met liefde en sorg ontvang word, en waar ouers met ’n geruste hart hul daaglikse verpligtinge kan nakom.

Ons nasorg is meer as net toesig. Dit is ’n verlengstuk van die skool se waardes en opvoedkundige benadering. Hier kry leerders die geleentheid om in ’n rustige en ondersteunende omgewing hul middag voort te sit. Ons fokus is op balans: akademiese ondersteuning, maar ook tyd vir speel en sosiale ontwikkeling.

Wat bied ons nasorgprogram ?

Veilige en betroubare toesig

Ons ervare en sorgsame personeel sorg dat elke kind veilig en gemaklik voel.

Kinders kry hulp met hul huiswerk en leeswerk – ’n groot verligting vir ouers in die aand.

Ons volg ’n duidelike daaglikse roetine om stabiliteit en orde vir die kinders te skep.

Buiten akademiese ondersteuning is daar genoeg tyd vir kinders om te speel, ontspan en met maats te kuier – alles in ’n veilige en kindervriendelike ruimte.

Nasorgtye

Kostes

Ons nasorg is oop vir alle leerders van die skool en is ideaal vir ouers wat voltyds werk of net ekstra ondersteuning in die middae benodig. Ons glo dat elke kind dit verdien om ná skool in ’n omgewing te wees waar hulle veilig is, waar hulle ondersteuning kry, en waar hulle steeds leer en groei – al is dit nie meer in die klaskamer nie.

Skakel gerus Daleen Röhm op 072 635 7066 vir inskrywings of verdere navrae.