Redenaars

By Laerskool Mariepskop is redenaars ’n waardevolle geleentheid waar leerders hul stem leer gebruik met selfvertroue en styl. Elke jaar hou die skool hul eie Redenaarsaand waar graad 4 tot 7 leerders die kans kry om hul toesprake voor ’n gehoor aan te bied. Die temas word deur die ATKV verskaf en sluit aktuele en kreatiewe onderwerpe in. Ná die interne aand word uitgesoekte leerders ingeskryf vir die ATKV-redenaarskompetisie, wat uit verskeie rondtes bestaan – vanaf plaaslike tot streeks- en nasionale vlak. Hierdie proses help leerders om hul redenaarsvaardighede te slyp en trots hul mening te verwoord.