- 079 529 6071
- admin@laerskoolmariepskop.co.za
- Mare Straat, Kampersrus Hoedspruit
Rugby is een van die gewildste sportsoorte by ons skool. Hier by die Riepiefamilie fokus ons afrigters en spelers op spanwerk, respek, dissipline en deursettingsvermoë – selfs wanneer dit moeilik gaan.
Ons Riepies rugby begin reeds by ons bulletjies van ’n jong ouderdom af om die basiese vaardighede van rugby te kweek. Die fokus is nie net op wen nie, maar op pret, deelname en om elke speler se selfvertroue te bou sodat hy die vreugde van die wonderlike sport mag geniet.
Ons afrigters werk hard om elke span goed voor te berei vir wedstryde teen ander skole. Oefeninge sluit hardloop, balhantering, skopwerk en om te leer hoe om veilig te speel in. Veiligheid is baie belangrik, en alle spelers word aangemoedig om sportmanskap te beoefen en ten alle tye taktvol en gedissiplineerd op te tree, op die veld, sowel as van die veld af.
Gedurende die rugbyseisoen neem ons spanne deel aan verskeie ligas en toernooie en huisves Riepies een van die grootste 7’s toernooie in die Limpopostreek. Ons ondersteuners – ouers, onderwysers en klasmaats – is altyd daar om die spanne aan te moedig en saam kweek ons ‘n kultuur van broederskap en spangees.
Rugby is meer as net ’n sport. Dis waar kameraadskap gevorm word, waar jong opkomende manne leer hoe om saam te werk, en waar hulle breëbors die rooi trui oor die kop kan trek en as Mariepskop-eenheid die stryd kan aandurf.