- 079 529 6071
- admin@laerskoolmariepskop.co.za
- Mare Straat, Kampersrus Hoedspruit
Hierdie fonds se hoofdoel is om kwaliteit onderrig volhoubaar te maak vir almal. U klein maandelikse bydrae maak ’n groot verskil in ons klein skooltjie.
Deur lid te word van hierdie Super M-klub onderneem u om maandeliks ’n minimum bedrag van R150 aan ons te skenk. Hierdie fondse word uitsluitlik gebruik om kwaliteit onderrig te verseker vir alle kinders in ons omgewing. Hierdie fondse dra ook by tot die aanstelling van kwaliteit onderwysers, klein klasse en skep geleenthede vir Afrikaanse studente om onderwys as beroep te beoefen.
U kan gerus ons Facebook-blad volg om die Riepies in rep en roer te beleef.