- 079 529 6071
- admin@laerskoolmariepskop.co.za
- Mare Straat, Kampersrus Hoedspruit
By Laerskool en Kleuterskool Mariepskop glo ons dat swem meer as net ‘n sport is. Dis ’n lewensvaardigheid. Ons leer kinders om hulself met selfvertroue in water te handhaaf, van die eerste speel-swem tot ‘n volwaardige swemslag.
Hier is plek vir almal, van swemmers wat nog bang is om hul gesigte nat te maak, tot dié wat al soos dolfyne lengtes kan swem.
Swem vorm deel van ons skoolprogram en vind tydens skoolure plaas, onder leiding van ervare swemafrigters wat weet hoe om elke kind op sy eie vlak te help groei en ontwikkel. Swemmers word in groepe gedeel volgens hulle swemvermoë en word dan so ontwikkel om na die volgende groep oor te skuif.
Privaat afrigters bied ekstra lesse aan na skool.
– Leer-om-te-swem: LTS
– Basiese swem “stroke correction”
– Swemfiksheid vir die meer gevorderde leerders.
Ons swembad het ’n nuwe verhittingstelsel en seile, sodat ons selfs op koeler dae kan swem.
Kinders leer reg swem – tegnies, veilig en met selfvertroue – sodat hulle hierdie vaardigheid vir die res van hul lewe kan gebruik.
Dis waterpret met ‘n doel – want ons leer ook terwyl ons dit doen!