- 079 529 6071
- admin@laerskoolmariepskop.co.za
- Mare Straat, Kampersrus Hoedspruit
Die Vlinderfonds is die Riepies se eie liefdadigheidsprojek wat vernoem is na ‘n spesiale Vlinder van Mariepskop.
By ons skool glo ons in omgee – en dít is presies wat die Vlinderfonds doen. Dié spesiale fonds help ons om elke dag vir ons leerders wat dit nodig het, iets te ete te gee – voedsame kosblikke wat met mamma-liefde gemaak is. Ons probeer dit sover moontlik verpersoonlik en daarom fokus ons op elke kind se individuele behoeftes. Dit is ons manier om ’n verskil te maak, een kind op ’n slag – sodat elke vlinder kans kry om te vlieg.
Indien julle betrokke wil raak, kontak enige voogonderwyser vir meer inligting.